Our Facilitators
Meet our lovely team of facilitators.
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder – Jacobsdal
Ek is Marietjie Badenhorst van Jacobsdal, ek was 15 jaar ‘n Graad R juffrou. Ek was bang ek gaan die kinders mis as ek aftree, want ek kry my energie by hulle. Ek was altyd lief daarvoor om vir die kinders klavier te speel en bietjie van hoog en laag, en hard en sag te vertel, maar daar was nie genoeg tyd in ‘n dag om dit ordentlik te doen nie. Daarom het ek besef hier is nou my kans met “Slim met Musiek” Voorskoolse Musiekprogram om dit deeglik te doen. Ek dink ek geniet die les partymaal die meeste.
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder – Klerksdorp
Dit is vir my ‘n fees om “Slim met Musiek” met die kinders te doen en te sien hoe hulle dit geniet. Hulle leer vaardighede op ‘n effektiewe en prettige manier aan sonder dat soos werk voel. Musiek is een van die min aktiwiteite wat vir almal is.
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder – Mokopane
“Slim met Musiek” is ‘n fantastiese musiek- en bewegingsprogram. Die heelbrein ontwikkelende lesplanne is volledig en in detail uitgewerk en skep ruimte vir kreatiewe pret, dans en lekker speel wat leer sommer ‘tjop-tjop’ spontaan laat gebeur… Die opleiding is prakties, insiggewend en verrykend en rus jou toe om met selfvertroue en entoesiasme elke les aan te bied en ten volle te geniet. Die musiek en stories is lewendig, propvol humor en opgeruimd en sorg vir tonne lag en lekkerte. Om die kindertjies so te sien aktief deelneem, leer en luister met soveel genot en oorgawe is ‘n besonderse voorreg. “Slim met Musiek” is uitstekend!
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder
Die waarde van musiek kom eers tot sy reg as kinders die geleentheid gegee word om dit persoonlike en konkreet te ervaar. Die program, “Clever with Music/Slim met Musiek” bied juis hierdie wonderlike geleentheid aan elke kind om die genot van musiek te leef!
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder – Leeudoringstad, Klerksdorp en Wolmaransstad
“Slim met Musiek is ’n ontwikkelingsprogram waar mamma en kind saam deur musiek en beweging leer en groei. Dit help kinders om mylpale effektief en teen hul eie pas te bemeester – nie noodwendig vinniger nie, maar met kwaliteit. Die aktiwiteite ondersteun groot- en fyn motoriese ontwikkeling, spraak, konsentrasie, balans en emosionele ontwikkeling.Dit alles gebeur op ‘n prettige en speelse manier.”
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder – Bothaville
“Wat ‘n voorreg om deel te kan word van die “Slim met Musiek” span. Dit was nou kwaliteit kontak opleiding! Ek het dit so baie geniet & baie geleer. Ek sou nie hierdie proses kon aanpak sonder vandag nie. Sien baie uit vir wat voorlê en om ‘n verskil te maak in ouers, babas & peuters se lewe en ontwikkeling deur die Slim met Musiek” program.
Marlise Brown, Hermanus
marlise.buys@gmail.com
“Clever with Music/Slim met Musiek” Fasiliteerder – Hermanus
“Slim met Musiek” is die kombinasie van passies in een program: kinders, vroeë ontwikkeling en musiek! As mamma van ’n besige 1-jarige seuntjie én fasiliteerder van “Slim met Musiek”, lê hierdie program baie na aan my hart. Ek is opgewonde om dit aan te bied vir ander mamma’s en hul kleintjies, maar ook om dit in my eie lewe in te bou.
Om te verstaan waarom dit belangrik is om jou kind se ontwikkeling te stimuleer, is waardevol – maar om te weet hoe om dit prakties te doen, is die sleutel! Dit is presies wat hierdie program so uniek maak: dit wys jou eenvoudige, prettige maniere om baba- en peuterontwikkeling optimaal te ondersteun – en dit deur een van die beste mediums beskikbaar: musiek!
Geen raaiwerk meer oor “wat om te doen” nie, maar eenvoudige, prettige idees wat groei en leer natuurlik deel van elke dag maak.